En nou, met baie van ons ver gevorder in jare en wit hare, wil 'n mens terugkyk en evalueer. Soms wil jy nie, maar jy word gedwing om terug te kyk. En as jy dit waag om agteruit te kyk, dan word jy verblind met 'n sterk kunsmatige lig - die lig van propaganda wat die sig op die verlede uitwis. En omdat jy dan verward nie diep in die verlede kan sien nie, maar net vlak in die verblindende propaganda lig, dan verloor 'n mens maklik perspektief. Hoe langer jy bly kyk in die lig, hoe meer word jou uitsig op die verlede verdof.
Vandag sien ons aanhoudende pogings om sterk pilare van die verlede af te breek sodat 'n sielkundige skraping van dit waaraan ons geglo het en voor geveg het, bereik kan word. Dit is dus in die eerste plek nodig om te weet dat die fisiese rewolusie sover dit die AK47 betref, sover dit die kleefmyne en Wimpy Bar-bomme betref wegge-onderhandel is. Die res van die rewolusie gaan krasser as ooit voort. Dit kom uit dieselfde leerstellings en doktrines van die verlede uit die konsepte van spoel die brein eers skoon wat die verlede betref, en bou dan die nuwe denke - dis sielkundig oorlogvoering.
Die dilemma van die soldaat wat 'n paar dekades lank gedien het voor 1990 en nou die "vrede" moet verwerk wat die einde van 'n stryd veronderstel is om te wees, gaan tot in die wese van die aard van 'n rewolusie. As die hedendaagse situasie simplisties militêr gesien word, is dit onverstaanbaar. As die wese en werking van 'n rewolusie verstaan word, dan gaan daar 'n lig op, maar die lig verlig die woorde wat ons so baie gesien het in Portugees maar wat beteken "die stryd duur voort".
'n Normale militêre stryd eindig met 'n militêre oorwinning en die politieke en militêre wil van die oorwinnaar word so afgedwing. Die verloorder aanvaar sy pak slae en onderwerp hom. Hierdie stryd met sy 80/20 verhouding - waarin ons soveel keer gewaarsku het dat die wese van 'n teenrewolusie strategie vereis dat die militêre stryd selde meer as 20% aandeel het, en die ander fasette van hierdie teenoptrede, soos onder andere die politieke been daarvan, die orige 80% - hierdie stryd se einde in ons geval was onverwags 100% polities en 0% militêr. Ons was nie verslaan nie, ons was onoorwonne en is in die finale beslegting soos 'n warm patat gelos, selfs weggedruk. Die probleem was egter dat ons 20% in die verlede so effektief was dat hulle wat die 80% moes bedryf, selfs aan die einde van die stryd nog steeds dieselfde onbeholpenheid geopenbaar het. Maar dit is nie die onderwerp van my bydrae nie. Ek sê net vir u dat ons ons plig gedoen het. Dat ons met reg trots daarop kan wees. Dat ons tans uitgelewer is aan 'n afbrekende doelbewuste afkrakingsproses - asof ons oneerbaar opgetree het! Maar ons ken die soort stryd en herken die soort lig wat tans in ons oë skyn. Laat ons bietjie dieper kyk na die eerbaarheid van die stryd en sy resultaat.
Dit is 'n feit dat in die USSR oor byna 'n driekwart eeu deur 'n totalitêre kommunistiese oorheersing van 3 miljoen ingeskrewe lede van die Party oor 'n bevolking van 70 miljoen gekenmerk was. Dit is verder 'n feit dat daar 'n poging was om hierdie ideologie uit te brei na die res van die wêreld - ook na Afrika en Suider Afrika. Nog 'n verdere feit is dat die USSR plaaslike konflikte gebruik het om deur militêre bystand hierdie vastrapplek te kry. Dit het ook by ons gebeur. Ek wil nie nou ingaan op die reg of die verkeerd daarvan en selfs of die interne stryd in Suid-Afrika vermy kon gewees het nie.
Wat belangrik is oor die "eerbaarheid" daarvan is:
a. Die stryd was 'n ratjie in 'n groter wêreld strategiese situasie. Die bevrydingsbeweging het die stryd verinternasionaliseer en dit het deel geword van 'n wêreldkonflik.
b. Die wrede onderdrukking deur kommunisme in die wêreld waar dit toegelaat was om vas te skop, was genoeg bewese rede om 'n eerbare stryd hier aan te knoop om te veg om ons land en sub-kontinent vry te hou van hierdie soort ideologie wat nie 'n inheemse ideologie is nie.
c. Ons het dus nie Suider-Afrika gedestabiliseer nie. Inteendeel - nou na 1989 kom normale demokrasië al meer na vore in Afrika - wat ook nou ekonomies neig na die meer inheemse gebruike van 'n vrye ekonomie. Stabiliteit groei nou. Ons het 'n eerbare bydrae gelewer want as ons land voor 1989 toegegee het aan internasionale Kommunisme, sou hierdie proses in Afrika baie vertraag gewees het.
Die val van kommunisme was meer te wyte aan die ekonomiese nadelige stelsels intern. Maar hierdie wêreldeksperiment in ideologiese verspreidingspogings het sy Viëtnam geword. NAVO lande en Moskou-lande het 'n balans met afskrikkingstrategie gehou. Anatole Gromyko, Head of the Institute of African Affairs in Moskou, het die doel van die USSR só gestel:
The Kremlin has one major aim apart from dominating Europe and ultimately the Free World. It intends to become the major power on the continent of Africa before the end of the century.As ek vandag terugkyk dan sien ek die Viëtnam van die ou USSR in hoofsaaklik drie oorlogsones - die Midde-Ooste, Suider-Afrika en Afghanistan. Die weerstande in hierdie sektore was nasionalisties geinspireerd. Dit het die USSR uitgemergel - ook ekonomies en sielkundig. Gesamentlik het hierdie weerstande die USSR gebreek.
But let me turn to our conflict. Willem Steenkamp in his epilogue in South Africa's Border War deals with a number of critical questions also affecting the morality of our dedication. He poses the question - Should South Africa have fought the insurgents? And he reasons then -
The answer is that apart from personal inclinations they had no alternatives, once it became clear that the insurgency was not a nine day wonder. To many - possibly most of their voters - they would have been seen as handsuppers.He asks another good question - Could the war have ended sooner than it did? His conclusion is yes - the Swapo war could have been stopped at an earlier stage. But then he carries on, pointing out that it was not due to stonewalling by the South African Government that the war lasted too long, the other side was equally culpable. Steenkamp also argues on this point the issue of a willingness to negotiate and says -
The question should be seen in the context of its time. The 1960's was the era of the Freedom Fighter, not the negotiator and in any case the South African Government of the time was little disposed towards negotiations with an openly revolutionary organization which had links with Moscow.Of course all these quotations indicate the interwoveness of politics in the conflict. It is a sad fact that in the context of the times we had to fight to defend our country and region agfainst insurgents or revolutionaries. In the context of the post-1994 years the accusation is often directed at us that we fought to maintain an unjustifiable system. This has never been my approach. In fact I recall four occasions where we exceeded our military mission by formally advising the then Government to initiate and implement a program of political reform that would remove the sting from the revolution. There was a slight resistance against the war effort from a very limited part of the voters, but in general the war effort was well supported.
One can draw a parallel to the law case Rex versus Smith and say that the general perception was that the orders given and the war effort in total, had the clear character of being a lawful command and an acceptable defence effort against insurgents that carried with them the dangers or at least the potential dangers of an unacceptable international aggressive intention.
I maintain our action as a professional Defence Force was an honourable one.
a. Ons het tyd gewen tot Internasionale Kommunisme platgeval het. Ek het reeds hieroor gepraat.
b. Tyd is gewen totdat die strategiese opsie van onderhandeling prakties uitvoerbaar en aanvaarbaar aan albei kante was.
c. Tyd is gewen totdat 'n aanvaarbare samewerking in Afrika moontlik was. Die gees van UHURU-stryde wat die 1960's oorheers het, was nie bevorderlik vir die oplossing van die probleem in ons land nie. Want ons is nie verteenwoordigend van 'n koloniale moondheid nie. Afrika het vir lank verkeerdelik ons konflik as 'n deel van die koloniale bevryding gesien. Nou het ons genoeg tyd gewen vir die finale stadium van konflik resolusie in Afrika wat meer intern is as gevolg van pluralisme en veral etnisiteit.
d. Tyd is genoem om groter Afrikanisme te skep. Ons het baanbrekerswerk gedoen, eerbare werk om saam met Afrika te veg - nie net om vir ons 'n plek in Afrika te verwerf wat polities in 'n paar honderd jaar moeilik was nie, maar ook om saam te veg, saam te sterf en bloed te stort vir 'n gemeenskaplike doel. Dit geld ook vir die samestelling van ons eie Weermag wat progressief meer verteenwoordigend van die hele bevolking geword het. Daarvoor het ons tyd gewen en die tyd benut om bruê te bou.
Ons optrede was eerbaar om 'n eerbare doel na te streef. Maar die huidige misvormde vredespatroon wat ontplooi, het in homself die kiem van konflik omdat die onderhandelde detente skikking nie ware versoening nastreef en meebring nie.
As General Chaim Hertzog concluded in his Lessons and Implications from the War of Atonement, it seems as if the same can be said of the detente negotiated settlement here. He said about detente in this war - "Detente is at best a convenient myth, at worst a dangerous illusion."
Die stryd is nie verby nie - dit duur voort! Ons aandeel in die stryd is nie verby nie, die plig rus nog op ons. Nie net vir onsself nie, maar vir die hele land en streek. Die konsolidasiefase van ons verdedigingsfase lê dus nog voor in die groter versoening en veral ekonomiese stabiliteit waarsonder geen blywende vrede moontlik is nie.
Oppas dus vir die verblindende lig van propaganda. Daar is baie werk, konstruktiewe werk wat voorlê ook vir ons wat hierdie eerbare en welnemende rol gespeel het tot nou toe. Dit is ons in elk geval verskuldig aan hulle, ons vriende en kamerade wat in die stryd patrioties die hoogste offer gebring het.
Ek dank u.